Testimonials

Hi Jeanine
Ek en Michael wil graag vir julle almal by Bushwillow opreg dankie sê vir die wonderlike diens wat jul gelewer het - ons het die persoonlike aandag geniet, elke keer voor die troue met koekies of koek met tee/koffie end an natuurlik op die dag. Dit was presies soos almal sê…in ‘n oogwink verby. Ek kan di tamper nie glo nie, maar dit was absoluut wonderlik! Jul het ons almal elke keer met ‘n glimlag begroet, ongeag hoe moeilik sekere van ons kon word…;) en daarvoor is ons baie dankbaar. Ons sal jul plekkie verseker aan ander voorstel, want dit was vir my die sprokies troue waarvan elke meisie droom…….
Luzaan en Michael

Baie , baie dankie vir al julle moeite en tyd met ons Groot Dag. Dit was AMAZING…PERFEK! Julle het die dag baie spesiaal gemaak!
Lynette & Kristo

Barry, Jeanine,Joan en al julle helpers
Ongelooflik baie dankievir DIE BESTE! Net mooi alles was in plek, op tyd, smaaklik, Keurig en genoeg. Ons sal Bushwillow en sy mense altyd onthou.
Liefde
Mareli en familie, Dawid en familie

Baie dankie vir die wonderlike dag wat ons kon beleef! Woorde is te klein en te min. Die bedankings stroom in vir julle en jul pragtige plek
Marietjie

“The ambience at your wedding facility is splendid and you and your staff certainly made this day very special to us. Our guests likewise enjoyed your hospitality and we will certainly recommend you to anyone planning a wedding or function”
Nico& Liz